Volstruisboere word besteel

Volstruisboere in die Klein Karoo loop deur onder ’n aanslag van diewe wat nou toeslaan op volstruise en die vere pluk wat die hoof bron van inkomste is van ’n boer in die gebied.

Mnr. Piet Kleyn die Uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Volstruis-sakekamer, sê dit is verontrustend dat die bedryf wat tot onlangs onder hewige druk was weens die uitvoer verbod, nou deur diewe geteister word.

Hy het die opmerking gemaak nadat Riaan Strydom, ’n volstruisboer van Oudtshoorn ’n geweldige skade gely het toe volstruise op sy plaas se vere uitgepluk is en talle voëls in die proses beseer is.

Piet Kleyn sê ’n soortgelyke voorval het verlede jaar plaasgevind, en die skurke is aangekeer, waarna dit stil geword het.

“Vere is ’n goeie bemarkbare artikel, en daarom bestaan die vermoede dat ’n sindikaat betrokke is in die gebied,” het hy gesê.