Totsiens Craven-week rugby!

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het glo bevel gegee dat die SA Skolespan wat saamgestel word uit spelers van die Cravenweek, ten minste 50% swart en bruin spelers moet insluit.

Dit beteken dat hoogstens 14 van die 28 leerlinge wat vir die span gekies word, blanke leerlinge mag wees.

Rugby liefhebbers sê met die nuwe reël het Saru die Cravenweek ’n rasse-week gemaak en nie ’n rugby-week nie, en kenners meen dat die span noodwendig swakker sal wees wat vanjaar teen Frankryk, Engeland en Wallis gaan speel.

Kenners reken dit is die einde van die Cravenweek soos dit bekend was, en sal uiteindelik voortgaan met weinig blanke leerlinge wat belangstel om te gaan speel, wetende dat daar teen hulle gediskrimineer gaan word weens hulle velkleur.

Hierteenoor kan die Bokkieweek uit sy nate bars, wat kan beteken dat nuwe maatreëls ingebou sal moet word om ’n toestroming van blanke leerlinge te beperk.

Die Bokkieweek het oor die jare gegroei tot ’n suksesverhaal, te midde van Saru se intimidasie en diskriminasie teen skole en skoolhoofde wat toegelaat het dat leerlinge daaraan deelneem.