Terroriste vermoor sakeman

Mnr. Winpie Viljoen (48), ’n bekende restaurant eienaar van Vanderbijlpark is Vrydagnag

In sy huis vermoor toe vyf terroriste ingebreek en hom met ’n mes doodgesteek het.

Die meswond in sy bors het daartoe gelei dat hy op die toneel dood is.

Nadat hulle die moord gepleeg het, is die huis deursoek en twee skootrekenaars en ’n aansienlike bedrag aan kontant is gesteel.

Mev. Viljoen het ook ’n messteek in haar hand opgedoen, en moes in die hospitaal behandel word daarvoor. Sy is die Maandagoggend weer ontslaan.

Alhoewel Wimpie hom verset het teen die vyf terroriste en ’n hewige geveg ontstaan het, was die oormag te groot, en het hy met sy lewe betaal vir sy poging om sy vrou en twee kinders te beskerm.

’n Polisiewoordvoerder het gesê die vyf mans het omstreeks middernag by Viljoen se huis in Bonane, Vanderbijlpark, ingebreek.

Debbie se ma en die twee dogters is ongedeerd.