Terroriste slaag om boer te dood

Mnr. André van Greunen (47), van die plaas Daniëlsrus in die distrik van Reitz wat meer as twee weke gelede in sy huis aangeval is deur drie terroriste, het in die hospitaal beswyk weens die wonde wat hy opgedoen het.

Mnr. Van Greunen het tydens die aanval daarin geslaag om een van die terroriste te wond, wat later beswyk het.

Die ander twee het gevlug sonder om iets te steel.

Van Greunen, is in die aanval in die een arm en in die maag geskiet en deur ’n buurman na die hospitaal geneem waar hy die afgelope 18 dae in ’n kritieke toestand verkeer het.

Sy buurman het gesê die aanval het op die Sondag plaasgevind, want dit is die tyd wat ’n boer bietjie ontspanne is, en die terroriste maak juis van sulke geleenthede gebruik om toe te slaan.

Die voorval volg op die aanval wat uitgevoer is toe Peet Viljoen (86) ook die betrokke Sondag aangeval is waartydens sy suster dood is aan verwurging deur ’n terroris.