Terreur op terreur

Volgens die statistieke wat deur Projek 2010 gehou word oor die volksmoord, is dit kommerwekkend dat Julie reeds soveel bevestigde gevalle moes aanteken waar volksgenote die noodlottige slagoffers was van terroriste aanvalle.

Verskeie kere is aanvalle gedoen wat ten doel gehad het om die slagoffer te dood, maar omstandighede dit genadiglik verhoed het.

Die onderneming wat die nuwe Minister van Polisie gegee het dat daar met erns gekyk gaan word na plaasaanvalle, mag dalk positief klink, maar Projek 2010 se bestuur sien rooi ligte flikker.

Honderde “onbetroubare” mense is lede van die polisiediens, en hardnekkige gerugte vlieg steeds rond dat van hulle saamwerk met bendes wat weer gekoppel is aan terroriste organisasies.

Dit is hierdie struktuur wat waarskynlik verantwoordelik is dat die volksmoord voortgaan.

In die navorsing wat deur Projek 2010 gedoen word, kom dit na vore dat die huidige volksmoord se tempo sodanig is dat dit nie die oog van die wêreld vang nie.

Die “stadige tempo” is ’n hoogs effektiewe metode om seker te maak daar word nie internasionale oë op die aanslag gevestig nie.

Die feit dat terroriste geld en wapens as hoof doelwit stel naas die moord op volksgenote, dui daarop dat die terroriste hulle belange uitbrei deur meer wapens so te bekom, en ander daarmee oplei om die terreur voort te sit.

Besonderhede oor die volksmoord kan gesien word by www.projek2010.co.za