Swape of sotte?

Dit is mos nou reeds ou nuus dat ons ’n die Ruwe Suid-Afrika ’n soort mens het wat voldoen aan die beskrywing wat nou ook alledaags geword het – hulle kan teel en steel.

Nouja, dit is mos waar die wet vandaan kom dat die minderjariges wat al om die nege maande ma word, uit die staatskas vergoed moet word sodat daar uiteindelik genoeg kleingoed is wat kan verseker dat niemand hoef werk te soek nie, want die kommunistiese stelsel sorg vir kos en klere en blyplek en niks werk.

Asof dit nie genoeg is nie, het daar toe ook wetgewing deurgegaan wat werkende ma’s ’n hele drie maande gee om die baba te versorg alvorens sy weer by die werk hoef op te daag. Daarmee het mens seker vrede.

Maar nou is daar uit dié geledere ’n nuwe gedagte – die drie maande verlof is nie goed genoeg nie, die arme bloedjies vergaan van ellende sonder die ma wat op kantoor sit en baie geld kry vir die werk wat traag verrig word as jy kyk na die lang toue wagtende mense in staatsdepartemente ……

Nou word gevra dat die verlof, kom ons noem dit aanteel-verlof, behoort verleng te word na elf maande. Dit stel die ma in staat om nooit weer terug te keer na haar kantoor nie en die departement, of sakeonderneming, moet haar bly betaal, want na nege van die elf maande is daar mos weer een gebore, en na die volgende nege maande weer een…

Is dit nou swape wat sulke voorstelle het, of is dit gewoon die gedagtegang van sotte?

Wat hieruit duidelik na vore kom is dat die aanteel nog voorspoediger gaan raak, want of jy werkloos is en aanteel om ’n ruim inkomste te ontvang, en of jy in diens is en elke nege maande weer elf maande teel-verlof het, jy teel aan en aan en kry baie geld daarvoor sonder om ’n vinger te lig……

Wie, behalwe swape en sotte sal sulke mense aanstel in enige pos, wel wetende dat daar vir minstens die volgende twintig jaar net betaal moet word vir iemand wat iewers baba’s grootmaak…..

Inderdaad die gedagtegang van swape en sotte, sou ek dink!