Student skop stof in kampioene se oë

Sy is ’n derdejaar student aan die Universiteit van Stellenbosch, maar dit beteken nie dat gesoute manne beter is as sy wanneer dit by ’n uithou wedren kom op ’n perd se rug nie.

Mabet Cilliers (22) van Durbanville het verlede Saterdag die stof in almal se oë geskop toe sy die martelende uithou-wedren oor ’n afstand van 160 km gewens het in ’n uitstekende tyd van net minder as 9 uur.

Sy het later vertel van die streng maatreëls wat toegepas word om seker te maak die dier word nie ooreis of gemoor in die rit nie.

Die perde word na elke skof getoets, en dit was ook haar verantwoordelikheid om seker te maak haar dier se hartklop kom so gou moontlik onder 64 slae per minuut.

Sy sê die uithourit is ’n geweldige groot uitdaging, en dit is belangrik dat jy jou dier se vermoë ken.

Wat haar prestasie besonders maak, is dat sy die SA Wêreldkampioene se span gewens het te midde van die gure weer waarin die rit plaasgevind het.

Daarop is sy baie trots.