Stig af van Amerika!

‘n Petisie dat Kalifornië in ses stukke opgebreek word, het meer as 800,000 handtekeninge gekry. 

Die ondersteuners sê die hoeveelheid handtekeninge is genoeg om ‘n referendum af te dwing om die dig-bevolkste staat in Amerika op te kerf. Die organiseerders sê so ‘n stap sal die meeste van Kalifornië se probleme oplos. 

Die segspersoon vir die kampanje, Roger Salazar sê die "Ses Kalifornië-plan" het met sy meer as 808,000 handtekeninge nou die reg om die kwessie by die 2016-verkiesing in te sluit.  

Hulle beoog om die agtste grootste ekonomie in die wêreld in die state Jefferson, Noord-Kalifornië, Silikon Vallei, Sentraal Kalifornië, Wes Kalifornië en Suid Kalifornië op te deel.

Die organiseerders wil reeds hierdie week die petisie in Sacramento oorhandig om die stappe in werking te stel om betyds vir die 2016-verkiesing te wees. Die inisiatief is deur ‘n risiko-makelaar, Tim Draper geneem en befonds wat glo dat met ‘n opgekerfde staat, kan Kalifornië die regering ‘n hupstoot gee.