Skoolpersoneel moet kursus in verdraagsaamheid doen

‘n Bloemfonteinse skoolhoof en sy personeel is deur die Vrystaatse Onderwysdepartement versoek om opleiding in diversiteit en kruiskultuur-verdraagsaamheid te kry.

Die "versoek" kom van die Menseregtekommissie (MRK) nadat die skoolhoof en personeel van die Gekombineerde Skool Dr. Viljoen aan rassisme en haatspraak skuldig bevind is. 

Die beskuldigings word deur die skoolhoof ontken. 

In Mei verlede jaar het The Weekly berig oor die sogenaamde voorvalle van rassisme. Daarop het die MRK met leerlinge van gr. 7 tot 12 onderhoude gevoer en alle leerlinge van gr.1 tot hoër op moes ‘n vraelys voltooi. 

Waarnemers wonder oor hoe gr.1 en hoër op vraelyste voltooi het en reken daar moet eerder gevra word wie het dit voltooi.