Ses ontsnap uit aanhouding

Die ontsnapping van ses misdadigers wat deur die polisie aangehou was by die Hazyview-polisiestasie, het plaasgevind toe twee polisiebeamptes hulle van kos vir die dag voorsien is.

Die ses het daarin geslaag om die twee polisiebeamptes te oorrompel en hulle van al hulle besittings beroof het nadat hulle vasgebind is.

Hulle het die sleutels eers afgeneem, toe die twee polisiemanne geboei en hulle toe met ’n tou vasgebind sodat hulle nie kon terug stap na die polisiekantoor nie.

Die ses is in hegtenis geneem vir onder meer verkragting, moord, roof en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Hulle het ook ’n vuurwapen geroof van die polisie, en ’n soektog is aan die gang om die ses mans op te spoor.

Bewerings word gemaak dat die polisie moontlik saamgespeel het om die ses vry te laat. Die mening word gelug deur ontleders wat van oordeel is dat die ontsnapping net te maklik plaasgevind het.

“Dit klink asof die ontsnapping ’n spanpoging was tussen die agte mense wat betrokke was, is gesê.