Ses beroof selfoonwinkel

’n Selfoonwinkel is deur ses gewapende boewe beroof van meer as R1 miljoen se selfone en aanverwante toerusting by die Telkom-winkel in Verwoerdburg.

Die rowers is vermoedelik dieselfde bende wat gedurende die afgelope maande talle soortgelyke winkels in Sentraal Transvaal gestroop het.

Volgens ’n polisiewoordvoerder, is sowat R1,2 miljoen se selfone geroof, maar niemand is in die proses beseer nie.

Die vermoede bestaan dat dit dieselfde rowers is wat weke gelede die Vodashop winkels in die Mayville Mall en die Northpark Mall in Pretoria, sowel as die Clearwater Mall in Roodepoort, besteel het.

Kenners meen die winkels word beroof deur swartes wat in lokasies hulle eie besighede begin, en doen dit met die aanvulling van voorraad met gesteelde goedere.

Die polisie ondersoek ’n saak van gewapende roof.