Plaas van Modise se broer word ondersoek

Die broer van Thandi Modise se diere op sy plaas buite Vryburg deel blykbaar bykans dieselfde lot as dié op haar plaas.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is na wat berig word, versoek om ondersoek op sy plaas te gaan instel. Die broer, wat nie sy volle identiteit wou bekend maak het, het wel aan die media bevestig dat twee varke op sy plaas gevrek het.

Sy suster, Thandi Modise, het in haar jongste reaksie gesê alles is net ‘n sameswering teen haar. Haar woordvoerder het aangevoer dat alles gedoen word om haar te ondergrawe. Dit volg op die publiek se geskoktheid oor die dosyne diere wat op haar plaas, Modderfonteint buite Potchefstroom, gevrek het weens hongerte en ‘n gebrek aan water. Die agteruitgang van haar diere is al etlike maande gelede deur verskeie mense, waaronder boere, op verskillende maniere onder haar aandag gebring. Sommige mense het haar ook probeer help. Dit word alles nou bloot deur haar ontken.

Modise het die plaas met ‘n Landbank-lening in die hande gekry. Sy het ook indertyd vertel dat sy dit vir ‘n vriend van haar gekoop het. Hy het egter nooit permanent op die plaas gewoon nie. Hy het boonop ‘n paar maande gelede bloot begin wegbly van die plaas nadat die verhouding tussen hulle doodgeloop het. Syself was maar vyf of ses keer op die plaas in die sowat drie jaar wat sy dit het.

Haar plaaswerkers wat uit buurlande kom, is glo R25 per dag deur haar betaal, maar ‘n plaaswerker voer aan dat sy hom vir ses weke nie betaal het nie. Hy moes glo gaan bedel vir kos en eis kompensasie van haar.

Aanklagte van onder meer erge diereverwaarlosing is teen haar gelê. Sy is deesdae die voorsitter van die nasionale raad van provinsies en was voorheen die premier van Wes-Transvaal.

Foto – Thandi Modise