Oprah se SA tydskrif kantel

Die vêr-linkse tydskrif van die Amerikaanse vrou, Oprah Winfrey, sal in September die laaste keer in die land op winkelrakke verskyn.

Die Suid-Afrikaanse tydskrif The Oprah Maga­zine kon nie die pyp rook in Suid-Afrika nie, en alle pogings om die tydskrif se verkope te bevorder onder veral swart lesers, het klaaglik misluk.

Die tydskrifmaatskappy wat die as uitgewer opgetree het, Associated Media Publishing, het die einde van die tydskrif bekend gemaak.

Die linkse tydskrif het in 2002 op die rakke in Suid-Afrika beland, en het glo daarop gefokus om swartmense aan te moedig om hulle lewens te verbeter.