Ontvoerders van tweeling vasgetrek

Die twee swart vroue wat probeer het om die Ribbink-egpaar se vierjarige tweeling te ontvoer, is deur die polisie gevang en word aangehou vir ondervraging.

Dit volg nadat ’n polisiebeampte van die Sinoville-polisie skynbaar onwillig was om ’n dossier te open toe die egpaar ’n klag wou lê.

Die polisiebeampte het glo gesê hy kan nie ’n klagstaat open as daar nie bewyse is nie.

Mev. Ribbink sê sy en haar man het die meeste van die polisie se ondersoekwerk self gedoen. Hulle het ondermeer die kringtelevisie se opname materiaal waar die vermeende skurke gesien kan word, bekom en aan die polisie oorhandig, asook die registrasienommer van hulle voertuig is aan die polisie gegee.

Waarnemers het aan Die Vryburger gesê dit is duidelik dat die beampte of te lui was om sy werk te doen, of het ’n rassistiese houding ingeslaan om nie mede-swartes te vervolg nie.

Dit verklaar waarom “bewyse” gevra is, in die hoop dat sulke bewyse hoogs onwaarskynlik gevind sou kon word, is gesê.