Nuusflitse – 29 Julie

Die afskiet van Malaysia Airlines se vlug MH17 kan moontlik neerkom op ’n oorlogsmisdaad, volgens die Verenigde Nasies (VN) en bygevoeg konflik in die ooste van die Oekraïne het al 1,100 lewens geëis.

 

Twee renosterstropers het hul moses teëgekom in twee afsonderlike voorvalle in die Krugerwildtuin. ’n Woordvoerder van SANParke het bevestig dat een stroper doodgeskiet en ’n ander een gewond is toe wildbewaarders die booswigte in hul spore gestuit het.

 

’n Man is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal en nog twee mense is lig beseer nadat ’n motorfietsryer in Pretoria glo geweier het om vir die metropolisie te stop en toe van voor in ’n Volkswagen vasgery het.

 

Die Suid-Afrikaanse judo-span het die vier medaljes wat hulle by die Statebondspele in Skotland verower het, huis toe gebring. Een goue, een silwer en twee brons medaljes is gewen.

 

’n Jong rugbyspeler, Gerrie Labuschagne (18) van Bloemfontein het op die oefenveld met ’n stelskop van meer as 80 meter geslaag. ’n Video is van die stelskop gemaak en op die sosiale netwerk versprei.