Nuusflitse – 26 Julie

Vyf amptenare van die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein is met spesiale verlof weens die ongebruikte mediese toerusting wat ontdek is in ’n toegesluite vertrek van die hospitaal.

 

Drie werknemers van die Natalse Departement van Gesondheid is dood in ’n motorongeluk toe hulle motor en twee vragmotors gebots het. Een verpleegster en vier apteek-assistente was in ‘n staatsvoertuig.

 

Palestina het ’n klagte van oorlogsmisdade teen Israel by die Internasionale Strafhof ingedien nadat meer as 800 mense gedood is in Israelse aanvalle op Gasa.

.

Tien mense van ’n Franse-familie uit die oostelike dele van Frankryk was aan boord van Air Algerië vlug AH5017 . Die Reynaud-familie wat aan boord was, het almal omgekom in die ongeluk