Nuusflitse – 17 Julie

Toenemende konflik in Darfur en ’n instroming van mense wat van die oorlog in Suid-Soedan vlug, bring mee dat sowat sewe miljoen mense in Soedan hulp benodig volgens die Verenigde Nasies.

 

Volgens ‘n nuwe studie wat in die joernaal Scientific Reports gepubliseer is, praat vroue inderdaad meer as mans, maar volgens prof. David Lazer, hoofnavorser van die studie, hang dit af van die konteks.

 

’n Saak van strafbare manslag is teen ’n weermaglid aanhangig gemaak ná ‘n ongeluk in Pretoria-Noord waarin een van sy kollegas dood is. Die kollega is op die toneel dood verklaar nadat die Volkswagen waarin hulle gery het teen ’n boom in Rachel de Beer-straat gebots het.