Nuusflitse – 16 Julie

’n Blanke konstruksiewerker, Anthony Muller (20) was Maandag reeds nege dae lank in verskeie staatshospitale waar hy gewag het om geopereer te word nadat hy ernstige frakture in ’n motorongeluk opgedoen het. Hy was die afgelope twee weke vier keer vergeefs heen en weer tussen staatshospitale in Sentraal Transvaal en Wes-Transvaal gestuur.

 

’n Bedrag van R10 miljard is nodig om Suid-Afrika een van die groot spelers op sport se wêreldverhoog te maak, en die SA Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) gaan aan die regering se deur klop daarvoor.

 

Jacob Zuma moet vandag (16 Julie) op die Nkandla-verslag van adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer (OB), reageer. Die president moet sy kommentaar en aanbevelings skriftelik by die parlement indien.

 

Die dodetal in Wes-Afrika se Ebola-uitbreking het tot 603 gestyg die jongste sterftes tussen 8 Julie en 12 Julie aangemeld is. Hiervan is 52 in Sierra Leone, 13 in Liberië en 3 in Guinee vir die betrokke vyf dae..