Nóg ‘n geval van dierevrektes by swart boerdery

‘n Ondersoek is gelas nadat ‘n skokkende ontdekking gemaak is van dooie diere en ander wat aan die karkasse gevreet het op die Wes-Transvaalse plaas van die voormalige premier van Wes-Transvaal en die nuut verkose voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Thandi Modise.

‘n Kriminele klag gaan teen Modise gelê word nadat die polisie en amptenare van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) talle diere gevind het wat óf dood is óf besig is om te vrek op haar plaas by Potchefstroom.

Die karkasse van die dooie varke en skape regoor die eiendom het gestrooi geen is waarskynlik vir bykans twee weke al sonder kos en water gelaat.

Een van die DBV-amptenare, Andries Venter, het gesê dit is die ergste geval van diereverwaarlosing wat hy nog gesien het in die 20 jaar wat hy by die DBV is.

Oënskynlik is meer as 100 varke, hoenders, ganse en bokke al vir ‘n week of selfs twee sonder water en kos gelos. Sowat 50 varke is reeds dood en die oorblywende 85 het aan die karkasse gevreet.

Die mense wat veronderstel was om na die diere om te sien, het blykbaar gedros. ‘n Brand het boonop uitgebreek nadat werkers laat kom is om die karkasse te verbrand.

Modise voer aan dat haar verliese die vrektes van die diere oorskadu. Sy word egter verantwoordelik gehou aangesien sy die eienaar van die plaas is.

*Een van die ergste gevalle van wreedheid teenoor diere het in 2004 op die melkplaas van ‘n swart ‘gemeenskap’ in die Wes-Transvaal voorgekom. Op hierdie mislukte grondgryp-projek naby Hartbeesfontein het 58 Holstein-koeie gevrek en moes 28 topgehalte Holstein-koeie van kant gemaak word omdat hulle heeltemal weggekwyn het weens ‘n gebrek aan kos.