MRK verwerp Bridges-klagte

’n Klagte wat ingedien is by die Menseregte Kommissie oor die uitlatings en sienings van akademici is verwerp.

Sunette Bridges en Steve Hofmeyr het ’n lys van vroue wat vermoor is, as bewysstuk ingedien tesame met ’n klagte oor blanke akademici se uitlatings oor wit mans.

Díe klagte is ingedien nadat ’n aantal artikels deur ene Nechama Brodie, ’n joernalis en die navorser Lisa Vetten, het glo op ’n webblad bekend as  Africa Check  gesê blanke vroue se kans om deur hulle geliefde blanke mans vermoor te word, is beter as om dur ’n onbekende swart man vermoor te word.

Die skokkende optrede van die MRK is deur Bridges bekend gemaak op die sosiale netwerk, en sê die MRK se bevinding was te wagte en geen verrassing nie.

“Ná die bevinding gaan ek letterlik iemand met die dood moet dreig voor een my gaan vertel ek het haatspraak gepleeg,” het sy gesê.

Die MRK het bevind die klagte is ongegrond.