MH17: 16 Kardinale feite

Om te probeer vasstel wie vir die afskiet van die MH17-vliegtuig verantwoordelik is, is daar 16 kardinale feite wat in gedagte gehou moet word. 

1.) Die Maleisiese lugdiens het bevestig dat die vlieënier opdrag van Kiëf ontvang het  om teen ‘n laer hoogte te vlieg. 

2.) Die vliegroete is aangepas. Dit kon nog nie sonder twyfel vasgestel word wie dit verander het en wat die rede was nie, maar die bevel het definitief nie van Eurobeheer gekom nie. 

3) Die teenwoordigheid van ‘n Oekraïnse militêre vliegtuig naby die MH17 is die eerste keer deur ‘n Spaanse lugkontroleur by Kiëf se Borispollughawe op twitter genoem. Die twitterrekening is intussen gesluit en die eienaar van die rekening kon nie bevestig word nie, maar intussen is die volgende deur die Maleisiese lugdiens vasgestel: 

Tussen 5 en 6nm, Moskoutyd op 17 Julie, was die volgende vliegtuie in die omgewing van MH17 gesien;

  a) Boeing 772 – wat suidoos van Kopenhage na Singapoer gevlieg het om 5:17nm;

  b) Boeing 778 – wat suidoos van Parys na Tapei gevlieg het om 5:24nm;

  c) Boeing 778 – wat noordwes van Delhi na Birmington gevlieg het, ongeveer 5:20nm;

  d) Boeing 777 – Maleisiese Lugdiens MH17 om 5:17nm;

  e) Oekraïnse Vegvliegtuig (model TBC) verskyn op radar, besig om MH17, 4km agter, maar teen dieselfde hoogte te agtervolg om 5:21nm. 

Om 5:20 het die MH17 begin spoed verloor tot op 200 kmpu. Dieselfde tyd het nog ‘n vegvliegtuig van die Oekraïne (moontlik ‘n Su-25) op die radar verskyn in die omgewing van die MH17 wat ook die gedoemde vliegtuig ongeveer 3-5 km van agter begin volg het, minute voordat die MH17 van die radar verdwyn het. 

Kennis moet geneem word van die feit dat die Oekraïnse vegvliegtuig nie op ATC radar gesien sou word nie totdat die langafstand bystandvolgplafon van 5km hoogte getref is nie. Vir die volgende vier minute het die vegvliegtuig in die omgewing gebly.

4) Rusland het al sy openbare radar en satellietbeelde as bewyse beskikbaar gestel. Volgens die beeldmateriaal blyk die volgende:

   a) die regime in Kiëf het teen-lugmissiele sisteme in Donetsk en in en om die omgewing waar die MH17 geval het, geplaas;

   b) vlug MH17 word deur ‘n Oekraïnse SU-25 vegvliegtuig agtervolg;

   c) die verslag dui op ‘n lugaanval op die MH17;

   d) die verslag wys op weersprekings in die verslae van die Oekraïnse lugbeheer kontroles. Die Russe het egter geen blaam op enige persoon geplaas nie. 

5) Die VSA, ten spyte van sy magtige globale spioenasie netwerk, het nog geen radar of satellietbewys om hulle beskuldiging dat Rusland verantwoordelik vir die ongeluk is, te staaf nie. Die enigste "bewyse" wat hulle aanbied kom van die sosiale media en bedenklike youtube video’s. 

6) Die Russiese Verdedigingsministerie het daarop gewys dat ‘n Amerikaanse satelliet op die direkte oomblik wat die MH17 vernietig is, oor die gebied gevlieg het. Gevolglik eis die Russiese regering dat Washington die foto’s en dít wat deur die sateliet geneem is, bekend maak. 

7) ‘n Lid van die Amerikaanse intelligensiedienste het gesê dat hulle beskik oor satellietbeelde van wie die dodelik missiel afgevuur het, maar dat dit in die hande van die regering van die Oekraïne se hande is. Hierdie beelde kan waarskynlik Rusland se inligting bevestig. 

8) Rusland dring aan op ‘n onafhanklike ondersoek onder leiding van die Internasionale Lugvaart Organisasie (ICAO). Hierdie oproep van Poetin klink nie na die woorde van iemand wat ‘n skuldige gewete het nie. 

9) Die Amerikaners bly die Russe beskuldig, sonder dat hulle harde bewyse op die tafel sit. 

10) Elke beskuldiging van Amerika oor Russiese betrokkenheid is tot dusver deur Russiese satelietfoto’s en ooggetuies weerlê. 

11) Amerika se intelligensiedienste bevestig ook dat daar geen bewyse van Russiese betrokkenheid is nie, ongeag wat John Kerry kwytraak. 

12) ‘n Paar uur na die ongeluk het Kiëf ‘n video bekend gemaak waar die opposisie gespog het dat hulle die vliegtuig afgeskiet het. Kundiges wat die video bestudeer het, het vasgestel dat dit ‘n vervalsing is. Die kode toon ook aan dat die video die 16de Julie vervaardig is, ‘n dag voor die ongeluk gebeur het. Hierdie inligting word verder ondersoek, maar indien dit bevestig word, wys die vingers na Oekraïne; dat hulle die vliegtuig afgeskiet het en ‘n dag voor die tyd vals getuienis gefabriseer het. 

13) John Kerry het na ‘n video verwys van die Oekraïne waarin ‘n SA-11 eenheid teruggaan na Rusland na die vliegtuig afgeskiet is, minus een van sy missiele. Die video is op die Minister van Binnelandse Sake se Facebookblad gepos. Maar talle het daarop gewys dat die video in die omgewing van Krasnoameisk, ‘n dorp wat onder Kiëf se beheer sedert Mei is, 120 km van die Russiese grens en 80 km van waar die Boeing neergestort het.

14) Die Prokureur-Generaal van Oekraïne, Vitaly Yarema het bevestig dat die opposisie nie oor Buk missiele beskik nie. 

15) Die MH17-insident word gebruik om die ekonomiese oorlog teen Rusland te verhoog. 

16) Die hele MH17-tragedie se bloudruk verskyn in ‘n "valsflag-operasie" wat Amerika in 1962 beplan het om oorlog teen Kuba te maak. President John F. Kennedy het geweier om dit deur te voer. 

Die eerste amptelike plan om ‘n burgerlike vliegtuig neer te skiet vir propaganda is deur die Pentagon opgestel.  

Die dokument stel dit dat die vernietiging van kommersiële vliegtuie as vals flag teikens eintlik nie nuut is nie. In die dokument word dit uitgespel dat ‘n reeks vals flagaanvalle, onder die kodenaam Operation Northwoods deur die VSA uitgevoer sal word, waarvoor Kuba geblameer sal word. 

Die doel daarvan was dat dit Amerika die verskoning sal gee om Kuba aan te val en die wêreld dit sal verwelkom, omdat hierdie aanvalle sal veroorsaak dat Kuba irrasioneel en onverantwoordelik is en ‘n bedreiging van vrede is.

 

Opmerking: Hierdie verslag is deur ’n medewerker van Die Vryburger opgestel nadat etlike weke se navorsing en ander Europese tydskrifte deurgewerk is.