Man spring na sy dood

’n Sweedse man is dood na hy bokant die Noord See uit ’n helikopter gespring het, wat met hom onderweg was na ’n hospitaal in Noorweë.

Die 37-jarige man het blykbaar tydens die vlug besluit om selfmoord te pleeg.

’n Polisiewoordvoerder het later vertel dat die man gedurende die vlug by die helikopter se nooduitgang uitgeklim het sonder die wete van die vlieënier.

Hy het sowat 600 meter na benede in die see geval en het waarskynlik gesterf toe hy die wateroppervlakte tref.

Die man, wat blykbaar ’n sielkundige probleem gehad het, was ’n werker wat op die platform van ’n olieboor naby die kus van Noorweë gewerk