Maleisiese vliegtuig afgeskiet

’n Maleisiese passasiersvliegtuig is na bewering afgeskiet deur ’n missiel in die oostelike deel van die Oekraïne.

Die vliegtuig was onderweg vanaf Amsterdam na Kuala Lumpur.

Die tuig van Malaysia Airlines, met 295 mense aan boord het onmiddellik neergestort in die Oekraïne, en na wat berig word het al die passasiers omgekom.

Die nuus is gebreek deur die Russiese Interfax Nuusagentskap.

Na wat berig word het die vliegtuig neergeval naby die Oekraïne se oostelike grens met Rusland.

Malaysia Airlines se woordvoerder het bevestig dat ’n voorval plaasgevind het, maar wou nie uitwei oor die besondere aard daarvan nie.

Die redery sal na verwagting binnekort ’n verklaring vrystel.