Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).
‘n Mens sit gewoonlik met jou hande in jou hare as piesangs oorryp geword het, en niemand wil dit eet nie. Gebruik dit in jou pieangbrood, en jy sal almal se held(in) wees!
‘n Lekker Maklike Piesangbrood Resep
4 ryp piesangs
½ k margarien
½ t koeksoda
½ k melk
1 t vanilla
2 k meel
2 eiers
1 k suiker
1 ¼ t bakpoeier
Metode:
Meng al die bestanddele, behalwe die koeksoda, piesangs en melk bymekaar.
Maak die koeksoda aan met die melk en voeg by die ander reeds gemengde bestandele.
Voeg die piesangs by en bak vir 1 uur op 180 °C (350 °F)
Lyk na n wenner!!
Nooit n flop. Fantasties en die kinders is gek hieroor.
FANTASIES. GAAN NET MEER PIESANG INSIT
This can be frozen nd taken out to defrozt 5hrs before needed.
Came out beautifully
Dis baie lekker
Hi
Ek is bietjie teleurgesteld want na n uur se gebak was die brood nog rou aan die onderkant alhoewel die bokant gaar gelyk het…dis jammer.
Riaan, as die broodjie nog klam is binne en sodra die kors ‘n mooi neutkleur bo-op het en nog bietjie klam is, maak jy die oond baie stadig oop en plaas ‘n groot genoeg stuk foelie, wat jy bietjie aan die kante bietjie afbuig en met die blink kant bo, oor die broodjie en bak nog 10 minute. Ek sit ses piesangs in en ‘n paar gekapte neute.
Groete, Hettie du Plessis
ns: maak altyd die oonddeur baie stadig oop en toe anders ontsnap te veel hitte.
Bake lekker en maklik
Ek sal vandag probeer om n piesang brood te maak en later n kommend gee.
Toe ek begin kom ek agter dat ek nie vanilla geursel het nie.Ek gebruik toe suurlemoen geursel.Wat n verassing.Lieklik en lekker.
Kan mens selfraising flour gebruik?
Kan ek selfraising flour ook gebruik?
Kan ek selfraising flour ook gebruik?
Dit was nou regtig nie smaaklik nie. Die broodjie was nog rou toe sit ek sit nog 10min in en nogsteeds rou toe weer die 10min. Het al baie beter gebak.
Heerlik – perfek uitgekom. Baie dankie, sal weer hom bak.
Ja jy kan anonymous. Los dan die bakp en koeks uit sou ek sè.
Hoe lank bak jy dit as jy piesang cup cakes bak
Baie teleurgestel
Baie Dankie wen resep trots op my gebak. Dis heerlik
Ek neem aan k beteken koppie, en nie kilogram nie?
Heerlik! Het dit sommer in kolwyntjiepanne gebak. Xoxo
Broodjie baie lekker ma moes hom 2 ure lank bak
Ek nou besig om tebak
Kan ek botter in plaas van Margarine gebruik? En is dit ok as die piesangs gevries was. Sal hulle seker net eers mooi moet ontdooi…
Ek gooi half of meer koppie rosyne by en dis regte vrugtebroodjie. Vermeerder bakpoeier na 15 ml.vir die ekstra gewig van die rosyne. Geniet!
Dit is baie heerlik ek het ses piesangs in gesit en dit is a wenner baie dankie
Ek bak die resep al vir 2jaar lank en bly n wenner hy moet wel in die gas stoof Langer in bly maar smaak wonderlik baie dankie 😘
Hi ek wil graag hoor hoe sny mens die piesangs in of hoe ?
Fantasties. My 2 seuns het my gehelp. Lekkerrr
THIS IS A DISASTER. I WILL *NOT* recommend it to anyone. Still raw in the inside and brown outside. Almost overbake it. No man this is not f#*ckig food.
I’ve baked this numerous times, and it’s always a hit. As soon as top is brown cover with foil with shiny side up. And bake till testing pin is clean.
Bietjie raad vir die pesimiste hierbo ! Probeer weer hierdie resep werk en as dit flop ,lees weer die resep !
Myne ook nou al 2 ure ini gas stoof en nog rou binne
Myne ook nou al 2 ure ini gas stoof en nog rou binne
Ek bak muffins met myne, my mense versot daarop. Lekker vinnige resep wat ni flop ni.
Het dit nou al twee keur gemaak, beste resep ooit. Baie lekker uitgekom
Ek het laasweek die resep gebak en was baie lekker ek muffin pannetjie gebruik kinders het dit vreeslik baie geniet
Hallo. Ek bak al vir etlike jare piesangbrood “uit my kop”. Toevallig vanaand op hierdie resep afgekom en dis presies dieselfde bestanddele as wat ek gebruik – ek gebruik net bruismeel en los die bakpoeier uit, voeg wel koeksoda by. Ek verminder die suiker na 3/4 koppie suiker – dis minder soet. Piesangbrood “is very forgiving”, sonder moeite en altyd lekker. Hoe langer die broodjie staan en ryp word, hoe lekkerder!!! Vanaand weer 3 piesangbrode gebak.(20 piesangs vir 3 brode). Toe soos dit moes gebeur, blaas my Defy Thermo Fan sy gees uit. Ek moes noodgedwonge die broodjies bak in die table top 2-plaat oondjie. Ek is heel beindruk hoe die broodjies in die klein oondjie gebak het. Vir diegene wie dit wil beproef – ek het die oondjie op 3 (high) gesit met albei elemente om bo en onder te bak. Nadat die broodjie goed gerys het, die hitte afgedraai na 2 (medium) om verder gaar te bak. Die bak periode het verkort van 1 uur na 50 minute vir 2 broodpanne in die oondjie. Ek dink dis omdat die oond kleiner is. As ek beskuit of piesangbrood bak, ens, voer ek altyd my panne uit met fotostaatpapier, al het ek die panne met olie gesmeer en SpraynCook gebruik. Die papier help om die brood makliker uit die pan los te kom. Daar was ‘n bietjie deeg beslag oor en het dit in klein kolwyntjie pannetjies op gebruik. Dit het binne 20 minute klaar gebak op 2 (meduim) – lekker bite size. Ek gebruik net bruismeel met al my gebak en voeg 1/2 teelepel koeksoda by sodra ek met vrugte bak. Die koeksoda in jou gebak help met om dit goed te laat rys omdat die vrugte swaar is. ‘n Resep met koeksoda in is selde ‘n flop. Behalwe as die piesangs nog ferm is, voeg ek al die bestanddele bymekaar en meng dit alles saam met die elektriese hand koekmenger. As die piesangs nog styf is, sal ek hulle so effens met ‘n vurk pap druk en ‘n rukkie laat staan voordat ek dit by die beslag voeg. Ek verkies die klein stukkies piesang in die broodjie – dit smaak net lekkerder.
Ek het die resep gebruik en net die meel en bakpoeier vervsng met self -raising flour.Ek het die deeg aangemaak , dit in muffin panne gesit en die muffins het baie mooi en lekker uitgekom.
Ek is nou besig om die outjie te bak rn nou wonder ek of myne oom gaan flop soos jullr sin hier bo…. Ek hou julle op hoogtr
Wel… Wat n flop.
Maklikste piesangbrood resep wat ek al gebak het, en dis nie droog nie. Moes ook so 15min ekstra bak. Maar baie lekker dankie!
Ek het dit gebruik maar myne het platgeval ek wonder hoekom
Ek is besig om myne te bak vir die eerste keer.
Sal laat weet hoe dit uitkom
Die piesang brood het Lieflik!!!! Uitgekom ek sal bslis dit weer en weer en weer maak
BAIE dankie vir die resep
Die mense wat dit nie reg gekry het nie moet weer die maklike resep lees…want dis ontmoontlik dat hy kan flop…
Middag wil net hoor as ek nie koeksoda het nie gaan dit seker nie werk nie?
Ek verdeel die megsel tussen twee kleiner broodpannetjies, dan bak dit gouer en is heeltemal gaar. Ek vevang ook soms die margarien met olie en dis net so lekker. Dit het dan ook ‘n langer rak lewe…
Vandag gebak. Ek het ‘n koppie fyn gerasperde wortel en so halwe koppie gekapte neute bygevoeg.
Ek het ook in plaas van ‘n broodjie, muffins gebak daarmee.
Baie lekker.
Die muffins bal so ongeveer 35 minute teen 170 grade c
Ek het nou vir die eerste keer in my 63 jarige bestaan ‘n piesangbrood gebak en het hierdie resep gebruik. Ek het die resep halveer. My broodjie is pragtig en ruik heerlik, kan nie wag om dit op ‘n stadium te sny nie. Baie dankie vir die wonderlike resep.
Hierdie is nie van toepassing op bg resep nie, maar wat is die rede vir n kluitjie piesangbrood? Een van my kleinkinders het so kluitjierige een gebak.
Ek is besig om dit te bak. Ek het nie koeksoda nie maar het bietjie meer bakpo Dis die maklikste resep ooit.eier ingegooi.
Myne nou in die oond..
myne het nou ytgekom, is plat, en nog rou, ek is nou sommer moedeloos
This is worst resept I done everything raw inside I dont use this resept again
Myne vandag probeer…na n uur nog rou.en nou is dit kluitjierig
Ek is so tekeurgesteld
Hii there,
Is the t for tbl or tsp?
Heerlik het gister 2gebak en is op geëet.