LP’s oorweeg langer vaderskapverlof.

‘n Versoekskrif deur Hendri Terblanche (38) wat wil hê dat vaderskapverlof tot tien dae verleng word, gaan binnekort oorweeg word. 

Terblanche het die versoekskrif aan Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), gerig. Dit volg op honderde briewe wat hy in Junie per e-pos na “elke LP” gestuur het. 

Ingevolge die Grondwet mag die NRP versoekskrifte, vertoë of voorleggings van enige belanghebbende persoon of instelling ontvang. Modise het per brief op Terblanche se versoek gereageer. Die kwessie is na die gekose komitee oor petisies en uitvoerende ondernemings verwys vir oorweging en ’n verslag. 

In die versoekskrif vra Terblanche dat die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes gewysig word om vir tien dae vaderskapverlof voorsiening te maak. Pa’s kry drie dae betaalde gesinsverlof wanneer ’n kind gebore word of siek is 

Terblanche het vertel dat hy en sy vrou, Giselle, se tweeling drie maande vroeg gebore is. Hy was baie gelukkig dat sy werknemer sy omstandighede verstaan en verlof aan hom toegestaan het. 

Hy dink egter aan al die ander pa’s wat nie sulke werkgewers het nie. By baie maatskappye mag die werknemers slegs sekere tye van die jaar met verlof gaan, het hy gesê.

Waarnemers het humoristies opgemerk dat so ’n bepaling kan meebring dat sekere lokasies se vaders byna nooit by die werk gaan wees nie.