Kortstondige skietstilstand in Gasa

Beide Hamas en Israel het na nege dae se gevegte onderneem om Donderdag ‘n vyf uur lange skietstilstand na te kom. Dit word gedoen om die inwoners van Gasa toe te laat om hul voorrade aan te vul. Die skietstilstand is deur die Verenigde Nasies (VN) en ander internasionale instansies aangevra.

In een van die jongste voorvalle is vier Palestynse kinders dood, terwyl hulle op ‘n strand gespeel het tydens Israelse lugaanvalle. Meer as 200 Palestyne het die afgelope nege dae omgekom en Israel voer aan dat slegs een Israelse burgerlike dood is nadat ‘n mortierdop hom getref het. 

Tienduisende Israels troepe is ondertussen by die Gasa-grens saamgetrek, slaggereed om ‘n grondoperasie te onderneem. Volgens die VN is meer as 1,300 wonings in Gasa vernietig en nagenoeg 18,000 mense weens die konflik ontwortel.