Jongman deur terroriste doodgeskiet

Mnr. Dean Jones (35) is deur kapers verlede Maandag reg voor sy huis in ’n kompleks in Sandton doodgeskiet. Dean en sy vrou, Ismini, (38) is sowat 5 jaar getroud en sonder kinders.

Ismini wou by die kompleks se hek inry waar kapers haar en die veiligheidswag by die hek voorgekeer en gepoog het om haar voertuig af te neem.

Dean het uit sy huis gekom om te sien wat gaande is toe die skurke hom koelbloedig, sonder waarskuwing doodgeskiet het.

Hy het drie koeëlwonde opgedoen.

Die kapers het teen Ismini se motorruit gekap om haar aandag af te trek, en toe sy probeer wegkom deur die voertuig in trurat te sit en haar toeter te druk, het Dean gaan kyk wat gaande is.

Sy het egter daarin geslaag om by die motorhuis in te ry, maar die terroriste het haar gevolg. Sy het gesien hoe Dean by die huis uitkom, en hoe die terroriste hom skiet tot hy inmekaarsak.

Hulle het op die vlug geslaan sonder om iets te steel.