Grondbreking veroorsaak aardbewings.

Slegs vier afvalwater-damme in Oklahoma, waar energie-maatskappye hulle water stort na die afhandeling van hidroliese grondbrekingsprosesse, het ‘n klomp aardbewings tot dusver veroorsaak, sommige so na as 30 km van die terrein af.

Hierdie inligting is deur wetenskaplikes verbonde aan die top Amerikaanse Universiteite versamel en is in ‘n verslag in die gesaghebbende Science Magazine gepubliseer.

Die ondersoek het op die Midwesterlike state gekonsentreer waar 45% van die land se aardbewings met ‘n seismiese lesing bo 3, die afgelope vyf jaar plaasgevind het.

Op sigself is daar ‘n inherente risiko van aardbewings weens grondbreking, maar die grootste sondaar is die damme waarin die besoedelde water wat vir die proses gebruik word, gestort word.

"Hierdie afval vloeistowwe, dra ongetwyfeld by tot seismiese aktiwiteite." sê Katie Keranen, ‘n geofisika professor by Cornell. Sy het bygevoeg dat die aardbewings nie met tektoniese aktiwiteit gepaard gaan nie, dit is dus gevolglik as gevolg van die hoogs besoedelde water.

Daar is meer as 4,500 aktiewe afvalwater stortingsterreine in die staat, maar die wetenskaplikes het bevind dat die vier grootstes wat kollektief verantwoordelik is 5 miljoen vate – wat gelyk is aan 200 Olimpiese swembaddens – giftige water wat hulle per maand in die aarde pomp, oorskrei ‘n drempel wat uitsonderlike groot aardbewings kan veroorsaak.

Verlede jaar was daar ongeveer 100 aardbewings in Oklahoma en vanjaar staan die getal reeds op meer as 200.