Die Grondgryp klug gaan voort

Die grondgryp klug gaan voort in Suid-Afrika en stuur af op ’n tweede Zimbabwe te midde van die nuwe Landbou minister se versekering dat dit nie die geval is nie.

Intussen het Theo de jager van Agri SA daarop gewys dat 90% van die grondgryp projekte in die land gedoem is en reeds misluk het.

Hy reken die hoofrede is die onkunde van staatsamptenare en die feit dat die grondgryp beleid nie in lyn is met die sogenaamde transformasie beleid nie.

Landbou kenners het aan Die Vryburger gesê dit is opvallend dat grondeise nie werklik grondeise is nie, want by verre die meeste eise word afgehandel met eisers wat die geld wil hè, en nie belangstel in die grond nie.

Meer as 80% van die eise wat afgehandel is, is glo met ’n tjek afgehandel wat daarop neerkom dat die eise slegs gaan oor die geld wat van belastingbetalers geneem word om vir bedelaars te gee wat dit binne die bestek van ’n kort tyd alles spandeer het, is die siening van een landbouer wat ten nouste gemoeid was met grondeise in Transvaal.

Eisers het geen begeerte om te boer en te produseer nie, hulle wil lekker lewe met die geld wat uitbetaal word, en as daardie geld op raak, gaan hulle seker weer begin met nuwe grondgryp-eise, word gesê.

Nou wil die regering die saak nog verder uitmekaar ruk deur boere te dwing om 50% van hulle grond aan die plaaswerkers af te staan.

“Ons sal wil sien hoe ’n titelakte uitgereik gaan word as ’n boer se plaas halveer word, en in menige gevalle ’n onekonomiese eenheid word, het ’n boer in Wes-Transvaal opgemerk.

“Grondeisers, veral as dit ’n eis uit ’n gemeenskap is, kry nie altyd titelaktes nie. Die grond bly dus staatsbesit en boere kan nie die grond as sekuriteit vir finansiering gebruik nie,” het genl. Chris van Zyl van die TLU SA gesê.