DBV-inspekteurs word gedreig

Met hulle besoek aan die plaas van Thandi Modise, is twee inspekteurs van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) gedreig deur werkers wat blykbaar verantwoordelik is om die diere te versorg.

Burt Coetzee en Grace de Lange het ’n nare ondervinding gehad toe hulle inspeksie wou doen op die plaas waar diere gruwelik verwaarloos is.

Blykbaar het een van die werkers hulle met geweld gedreig, en op ’n stadium hulle voertuig se sleutel afgeneem.

Sewe strafregtelike klagtes ingevolge die Wet op Dierebeskerming word nou ingestel teen Modise, die Voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP).

Sy het skynbaar geweet dat haar diere verwaarloos word, maar niks konkreets is glo gedoen om die diere se lot te verbeter nie.

De Lange en Coetzee kon sien dat sommige beeste op die grond lê maar kon nie bepaal of daar genoeg voer en water vir hulle is nie, want iemand het daar aagejaag gekom en op hulle gegil om pad te gee van die beeste.

Die man het geweier om homself bekend te stel, maar De Lange het hum geëien as die plaasbestuurder van Modise.

Hy het uit sy voertuig gespring en geskree dat die inspekteurs eintlik vir hom moet bang wees vir wat hy aan hulle kan doen.

Hy het hulle van die plaas verwilder, en toe hulle besluit om te ry, het ’n ander werker hulle pad versper en uiteindelik die voertuig se sleutels in die hande gekry.

Toe dreig hy om die bakkie aan die brand te steek.

Intussen het die plaasbestuurder daar opgedaag en met hulle voertuig gery tot buite die plaashek. Hy gryp toe die selfoon van Burt waarop die bewyse was van gebeure en alles is uitgevee.

Die NDBV gaan nou ’n klag teen die werkers indien.

.