Cosatu werf plaaswerkers

Plaaswerkers gaan deur Cosatu gewerf word, het dié vakverbond bekend gemaak.

Dit volg nadat dit bekend geword het dat die voorsitter van die nasionale raad van provinsies, Thandi Modies, nagelaat het om een van haar plaaswerkers te betaal.

Die plaaswerkers gaan ook deur die vakverbond gehelp word om ‘n nasionale minimun maandelikse loon van R2,420 te kry, aldus Cosatu se woordvoerder, Patrick Craven.

Volgens Craven is dit die tipiese wyse waarop derduisende plaaswerkers uitgebuit word. Hy in die verklaring wat hy uitgereik het veral te velde getrek teen blanke werkgewers.

Intussen het stof steeds nog nie gaan lê oor die dosyne diere op Modise se plaas, Modderfontein, naby Potchefstroom wat weens hongerte en dors gevrek het nie.  Talle diere moes ook van kant gemaak word omdat hulle heeltemal te verswak was. Die wyse waarop Modise tot dusver telkens oor die gebeure gereageer het, is egter as besonder skokkend deur die publiek ervaar. Ernstige vrae word geopper oor die blote besit van plaasgrond sonder die aanvaarding van die meegaande verantwoordelikhede.

Foto – Patrick Craven