Chinese hoë kry lewenslank

Die Chinese het blykbaar nie ooghare vir mense wat in omkopery betrokke is nie, en daarom het ’n hof in China die hoof van die Kommunistiese Party se Verenigde Front-departement lewenslange gevangenisstraf opgelê aangesien hy omkoopgeld aanvaar het.

Dié vonnisoplegging dien glo as voorbeeld wat deur die land se president, Xi Jinping, begin is as ’n veldtog om korrupsie uit te roei.

Wang Suyi is in 2013 uit sy pos ontslaan aangesien sy departement die tussenganger was in ’n projek tussen die regerende party en nie-kommunistiese instansies.

Hy het hom glo skuldig gemaak aan omkopery waarby sowat R10 miljoen betrokke was oor ’n tydperk van agt jaar.

As teenprestasie het hy sake-ooreenkomste vir sekere maatskappye en vir individue gereël sonder die goedkeuring van die regering.

Ingeligte waarnemers meen dit kan interessant wees om die uitkoms te sien as dieselfde vervolging en hof uitsprake in Suid-Afrika toegepas sou word.