Brics se remme dalk vas?

Die sogenaamde alternatief vir Westerse Finansiële Instellings, bekend as die Brics-lande se leiers het in Fortaleza, Brasilië, byeen gekom om ’n nuwe ontwikkelingsbank asook ’n reserwefonds tot stand te bring.

Pres. Dilma Rousseff van Brasilië tree op as gasvrou vir die leiers vanaf Indië, Rusland, China en Suid-Afrika.

Alhoewel Suid-Afrika by verre die kleinste van die vyf lande is, sal die land soos die gebruik uit Afrika is, deur ’n groot afvaardiging saam met pres. Jacob Zuma vergesel word, bestaande uit ’n hele geselskap ministers en ’n sakelui.

Vyf jaar gelede het dié vyf state besluit om ’n gesamentlike poging aan te wend om met Brics ’n alternatief te stel vir Westerse inisiatiewe wat ondermeer gevestig is in die Wêreldbank in Washington.

Brics wil ook meeding met sy nuwe reserwefonds wat gefokus sal wees op onderontwikkelde, en ontwikkelende lande, veral in Afrika. Die bedoeling is om ’n alternatiewe “Internasionale Monitêre Fonds” te vestig met die reserwefonds.

’n Werksessie van die Brics-lande en staatshoofde van ander Suid-Amerikaanse lande word gehou.

Brics-lande verteenwoordig sowat 42% van die wêreldbevolking en ’n slegs ’n vyfde van die wêreldekonomie.

’n Aanvanklike kapitaal van R533 miljard word voorsien waartoe lidlande ’n gelyke deel sal bydra en die Reserwefonds wil afskop met R1,066 miljard.

China het hom bereid verklaar om R437 miljard in die reserwefonds te stort, Brasilië, Indië en Rusland elk sowat R200 miljard en Suid-Afrika R50 miljard.

Die Brics se remme is ietwat te gou vasgetrek weens die verskil wat bestaan oor waar die bank gesetel moet wees.

Shanghai, Moskou, Nieu-Delhi en Johannesburg is almal aanspraakmakers, en die kleinste land van almal, Suid-Afrika probeer glo sy stempel afdruk om die bank te huisves.

Daar bestaan ook ’n strammigheid onder die lede oor die presidentskap en of dit ’n roterende stelsel moet wees.

.