Boer sterf in mielieland

Hy het met mening ingeklim om ’n brand in die mielieland te blus, en kort nadat hy dit suksesvol gedoen het, beswyk hy op die plaas waar sy broer vroeër in ’n terroriste aanval vermoor is.

Mnr. DP van Huyssteen (42) is vermoedelik oorlede weens rook inaseming toe hy ’n brand in die mielieland geblus het terwyl hy besig was om te oes.

Dit is die Van Huyssteen-familie se tweede seun wat hulle op ’n vreemde manier op die plaas, Kalkput verloor het. Hulle seun Thys is deur terroriste vermoor op die plaas.

’n Vriend, Bertus van Biljon, het inderhaas met hom na ’n dokter gejaag, maar hy was by die aankoms reeds dood.

met hom na die dokter in die dorp gejaag, maar hy is op pad daarheen dood.

Terwyl hulle in die land besig was, het DP se agtjarige seun na Bertus gehardloop met die nuus dat sy pa geval het, wat Bertus dadelik onrustig gestem het.

DP word deur ’n dogter, Zaniel (12), sy seun en ’n suster oorleef.

Die begrafnis is Vrydag uit die APK in Viljoenskroon.