Blanke in aftreeoord vermoor

Mnr. Johan Slabber (62) van die Agapé-aftreeoord in Stellenbosch is dood in ’n slaapkamer van sy woonstel aangetref.

’n Provinsiale polisiewoordvoerder, sê die oorledene se huishulp het op sy lewelose liggaam afgekom waar hy op sy maag met sy hande agter sy rug vasgemaak gelê het.

Sy bankkaart en die TV-stel asook sy woonstel se sleutels word vermis.

’n Woordvoerder van die oord se beheerliggaam het hul kommer uitgespreek oor die voorval en gesê sulke voorvalle het tot hede nooit plaasgevind nie.

Slabber is ’n boorling van Stellenbosch en was vir jare ’n administrateur by Elsenburg Landboukollege.