Apartheid kry skuld vir Botman se dood

Die opmerkings van prof. Jonathan Jansen, rektor en visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat, ná die dood van prof. ­Russel Botman, Matie-rektor, het selfs die ultra-linkse F.W. de Klerk-Stigting laat reageer. 

Dave Steward, uitvoerende direkteur van dié Stigting, het ­Jansen se heftigheid en menings oor transformasie aangeval en gesê om regsgesindes vir Botman se dood verantwoordelik te hou is onwaardig van hom. Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), is twee weke gelede in sy slaap oorlede. 

Jansen het ná Botman se begrafnis gesê Botman was onder groot druk omdat baie mense nog nie verstaan dat apartheid verby is nie, en dat jy nie ’n wit gedomineerde universiteit 20 jaar ná apartheid kan hê nie. 

Onder die onsin wat hy in ‘n rubriek kwyt geraak het sê hy sommige histories wit universiteite gebruik Afrikaans as alibi om nie te transformeer nie. En hoe meer Botman vir transformasie gedruk het, hoe meer het regse alumni van die US hom genadeloos beskinder.

Selfs Steward het hierop gereageer en gesê dat vir Jansen is akademiese prestasie en die grondwetlike reg op onderwys in die taal van jou keuse klaarblyklik van sekondêre belang.

Hy sê dus dat al ons universiteiteongeag hul historiese of geografiese ligging–hoofsaaklik swart moet wees, want in sy rubriek waarsku hy weerspannige kampusleiers dat kampusse wat hoofsaaklik wit is, in die lig van ons onlangse aaklige rassistiese verlede moreel onaanvaarbaar, demografies onregverdigbaar en opvoedkundig gevaarlik is, aldus Steward.

Foto – prof. Jonathan Jansen