ED Pills
Your love life without pills | Viagra devient moins cher et plus disponible | Viagra per i suoi benefici | Letztes Wort zu Viagra | Viagra utan recept i Sverige

Erectile dysfunction company launches website to get generic Viagra in Germany

Monthly Archives: June 2014

Blesbok vir miljoene verkoop

’n Blesbok van besondere aard, met sy bruin en wit vel, en met die gepaste naam “Top Deck” is vir R7,8 miljoen van die hand gesit. Die besondere saalrug-blesbok, is…

Benut vrugbare grond in ou tuislande

Die ou voormalige tuislande kan, indien dit ten volle benut word, sorg vir ‘n verdubbeling van die mielie-oeste en sodoende plaaslike probleme met voedselsekerheid oplos en werksgeleenthede vir miljoene mense…

Parlementslid lieg vir SA

Phumzile van Damme, ’n parlementslid in SA het glo gelieg oor haar herkoms toe sy beweer het dat sy in Nelspruit gebore is. Latere inligting dui daarop dat Van Damme…

Gesin sterf in ongeluk

Mnr. Jacques de Bruto (45) en sy gesin van die Wes-Kaap was oppad na sy broer vir die skoolvakansie toe hulle in ’n motorbotsing op die N1 tussen Edenburg en…

Swartoognooi / Black-eyed Susan / Thunbergia alata

Tuiniers, pas hierdie naam “Swartoognooi” darem nie te pragtig by hierdie rankplant nie. In Suid Afrika het hierdie plant met sy mooi blommetjie al ‘n ereplek op ons posseëls gekry….

Boggelrug walvis gered

‘n Volwasse boggelrug walvis is suksesvol gered sowat 5,5 km van Kaappunt, waar hy in kreefvangtoue en kettings verstrengel geraak het.    Vissermanne wat besig was om kreef te vang,…

Gevaarligte flikker oor SABC

Vrese dat die SABC omskep gaan word in ‘n propagandamasjien is uitgespreek oor die planne van die nuwe minister van kommunikasie, Faith Muthambi, om haar magte oor die SAUK uit…

Motor rubriek – Renault Sandero Stepway

Die nuutste toevoeging tot die Renault-reeks is die drie silinder Renault Sandero Stepway. Dit is ‘n gerieflike motor met baie beenspasie en in sy klas, ‘n goeie kopie in ag…

Wees bedag op kitsbankkaart-skelms

‘n Man van Kathu, mnr. Corrie Janse van Rensburg, is R63 000 uit sy bankrekening kwyt nadat sy bankkaart by ‘n kitsbank in Bloemfontein gekloon is.      Hy was op…

‘n Droër somerseisoen verwag

Droër weerstoestande kan tydens vanjaar se somer in Suidelike-Afrika voorkom wanneer die El Nino-verskynsel intree.   Die El Nino-weerverskynsel, wat uiterstes in die klimaat veroorsaak, sal teen die einde van…

Regruk planne vir Weermag voorgestel

  Verskeie voorstelle is gemaak om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) te probeer regruk nadat dit bykans onherstelbaar verval het.   ‘n Beleidsnota van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) oor…

Herrie oor Afrikaanse televisie

  Die SAUK ontken ten ene male dat hy die Afrikaanse nuus en TV-programme van SABC2 na SABC3 wou skuif. Of het eerder vir eers afgesien van die beoogde verskuiwing…

Wits hersien toelatingsvereistes.

  Die Universiteit van die Witwatersrand se toelatingsbeleid vir al hul mediese programme is hersien.  Die persverklaring waarin hierdie aankondiging bekend gestel is, noem dat die hersiening behels dat applikante wat aansoek doen…

Gerusstellings, ‘n ou truuk!

  Mediaberigte die naweek dat die ANC-regime se minister van “Rural Development and Land Reform”, Gugile Nkwinti, se planne om die helfte van die eienaarskap op plase aan swart werkers…

Nuusflitse – 30 Junie

Prof Russel Botman (60) visekanselier en rektor aan die Universiteit Stellenbosch is vroeg Saterdagoggend in sy slaap oorlede, vermoedelik aan ’n hartaanval. Hy het glo Vrydagaand gekla dat hy sleg…

So verwaarloos ons land

In die Diamantstad, Kimberley staan die pragtigste kothuise wat in 1892 opgerig is en vandag deel van ons land se erfenis is, maar dit word nou geplunder en afgebreek omdat…

Potch-rektor sê sy sê

Die Universiteit van Potchefstroom (NWU) se onderrigtaal is Afrikaans, maar Afrikaans het nie ’n kleur nie, en almal wat in die taal onderrig wil word, is welkom, aldus die rektor,…

Oos-Transvaal wil werk skep

Binne die volgende vyf jaar gaan Oos-Transvaal byna 400,000 nuwe werksgeleenthede skep om die groeiende werkloosheid teen te werk, sê premier David Mabuza. Hy sê die provinsie moet met minstens…

Malema se grondgryp-plan

Onteien aal grondeienaars, en laat almal wat wil boer, op ’n vorm aansoek doen om grond te kry waarop geboer kan word. Dit is die kern van die beleid oor…

E-tol – Misleiding die wagwoord

Om seker te maak hy word nie weg gejaag deur sy toehoorders nie, het die nuwe premier van Sentraal-Transvaal gesê ’n taakspan word saamgestel om ’n blywende oplossing te vind…

Veespekulant skuldig en gevonnis

Mnr. Reinhardt Verster (31), ’n bekende spekulant wat talle boere met derduisende Rand bedrieg het, is vir tien jaar tronk toe gestuur, maar die vonnis is opgeskort op voorwaarde dat…

Petrolprys styg weer

Motoriste moet vanaf 2 Julie weer hulle begrotings aanpas om vir die steeds hoër brandstofprys voorsiening te maak. Die nuwe prys vir 95-oktaan petrol styg met 31c per liter en…

Duitsland kort subsidie in

Die regering van dr. Angela Merkel in Duitsland het ’n nuwe wet ingestel wat bepaal dat die subsidie vir hernieubare energie verlaag gaan word. Die nuwe wet is ingestel te…

Swapo lag vir Malema

Die regerende party van Namibië, die Swapo-party, se leiers lag glo vir die nuut gestigte opposisieparty wat geskoei is op die lees van Malema se EVV. Woordvoerders van Swapo sê…

Nog ‘n kleuterskool aangekla

Die ouers van ’n tweejarige dogtertjie gaan waarskynlik ’n ernstige klag van mishandeling lê nadat die kindjie se ma vasgestel het dat haar bene merke het soos wat sy na…

Ses terroriste aangekeer

Lede van ’n sindikaat, wat vermoedelik ondersteunend werk vir terroriste organisasies soos Al-Kaïda, is in die Wes-Kaap vasgetrek weens wapensmokkelary. Die terroriste is glo in ’n landwye netwerk opgestel om…

Blankes doelbewus uit staatsdiens gehou

Die staatsdiens hou doelbewus poste vakant, eerder as om blankes in diens te neem.   Hierdie beskuldiging is deur ‘n konsultant van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings (SAIRV), John Kane-Berman,…

Nuusflitse – 28 Junie

Drie swart seuns het verlede Vrydag in Stellenbosch ‘n beskermde wildsbokkie wat in ’n onwettige strik gevang was, met stokke doodgeslaan.   Die Australiese owerhede waarsku mense teen goedkoop USB-laaiers…

Weghol vragmotor maak moles

Twee mense het ’n noue ontkoming gehad toe ’n vragmotor hulle Mercedes-Benz waarin hulle gesit het, uit sy pad gestamp het, rakelings ’n brandstofpomp gemis het, en binne in die…

Nuusflitse – 27 Junie

Die polisie in Nigerië het ‘n verdagte doodgeskiet en nog een in hegtenis geneem ná Woensdag se bomontploffing by ‘n winkelsentrum in die hoofstad, Abuja, toe 21 mense dood en…

Wees versigtig vir aanlyn-aankope

Te midde van die toenemende transaksies wat daagliks beklink word met maatskappye wat aanlyn-verkope doen, is daar ook diegene wat die “nuwigheid” as ’n geleentheid sien om mense te beroof….

Geen respek vir reëls en regulasies = chaos

Dit lyk asof die doodsklok finaal gelui het vir ‘n beskaafde Westminister-stelsel  in die parlement.  Die “Economic Freedom Fighters” (EFF) se swak gedrag in die parlement lyk asof Afrika-norme voortaan…

Gaan eis jou vuurwapen terug.

In die staatskoerant wat op 17 Junie vanjaar gepubliseer is, gee die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisie, Mangwashi Victoria Phijega, kennis dat mense wat hulle vuurwapens en ammunisie vrywillig ingehandig het,…

SABC skuif Afrikaans verder uit

Die SABC-televisiediens, gaan sy Afrikaanse programme binnekort nog verder inkort.      Die enigste Afrikaanse nuusbulletin om sewe-uur gaan na SABC3 verskuif word wat ‘n kleiner voetspoor as SABC2 het. Minder Afrikaanssprekende…

Nog ‘n dreigende staking

Die metaalnywerheid vakbond, Numsa, dreig om binne ‘n week met ‘n staking te begin wat die ingenieursbedryf gaan lamlê.   Die vakbond eis ‘n loonverhoging van 12% en het by…

So word ontgroening gestop

Die universiteit van Potchefstroom (NWU) het glo besluit om ’n vaste komitee saam te stel wat op ’n deurlopende basis die ontgroenings moet moniteer om seker te maak dat geen…

Marikana-fiasko – Kenner sê dit was dom

Dit was dom van die polisie om sonder ’n vooraf plan na die betogers se terrein te beweeg en mense doodskiet wat in ’n stofwolk onsigbaar was vir die polisie….

Pasop vir Internet bedrog

Alhoewel daar reeds sedert 2012 bykans 7,000 gevalle van bedrog aangeteken is, het daar vanjaar ’n drastiese toename plaasgevind en is die voorvalle van bykans 14,000 aangemeld waar mense gevang…

Krimineel kry toegang tot SAPD dokumente

’n Krimineel wat hom voorgedoen het as die neef van ’n bekende private speurder in Verwoerdburg, het daarin geslaag om die polisie te mislei en toegang verkry tot dokumente van…

Grondgryp gaan werkloosheid bevorder

In ’n eksklusiewe onderhoud met ’n bestuurslid van die Oranje Sake Instituut (OSI) is Die Vryburger daarop gewys dat die ANC/SAKP regime se grondgryp-plan waarskynlik daartoe kan lei dat derduisende…

Reisvereistes met kinders geld van September

Ouers en voogde het tot aan die einde van September tyd om ‘n volledige geboortesertifikaat in die hande te kry indien hulle met kinders reis.    Hierdie drastiese hersiening van…

Kommentaar – Die laaste tersiêre domino’s wankel

Die Universiteite wat Afrikaans was, het die een na die ander begin wankel. Eers was dit die Voortrekkeruniversiteit, oftewel die Universiteit van Pretoria. Toe Kovsies (Vrystaat), die Randse Afrikaanse Universiteit…

Terroriste skiet vrou in aanval

Mev. Mandie Janse van Rensburg (50), wat op ’n kleinhoewe in die Kroondal gebied woon, is dood toe terroriste Dinsdag die gebou waarin sy was, ingestorm het en haar twee…

Nuusflitse – 26 Junie

’n Burgemeester wat saam met Julius Malema, ’n troue in Mauritius bygewoon het, is een van vier eerste burgers in Noord-Transvaal wat uit hul ampte verwyder is. Later het die…

Wolf is skaapwagter

Die skoknuus dat Julius Malema kan help om regters in Suid-Afrika aan te stel, is besig om in te sink.   Malema, die leier van die sogenaamde Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV),…

Olimpiade vanjaar in Kaapstad

Die Internasionale Wiskunde-olimpiade (IMO) vind vanjaar in Suid-Afrika plaas en sal in Kaapstad gehou word. Die wêreldbekende olimpiade word elke jaar in ’n ander land aangebied, en Kaapstad is vanjaar…

Okavango-delta amptelik wêreldnatuurwonder.

Sedert Maandag is die Okavango-delta amptelik ’n wêreldnatuurwonder en die 1,000ste Wêreldnatuurerfenisgebied van Unesco (die Verenigde Nasies se organisasie vir onderwys, wetenskap en kultuur). Julia Marton-Lefèvre, direkteur-generaal van die Wêreldbewaringsunie (IUCN),…

Polisieman help vragmotor kaap

Vier swartmense, waaronder ‘n lid van die polisie se blitspatrollie is, is in hegtenis geneem nadat ‘n vragmotor met skoonmaakmiddels in Boksburg-Noord gekaap is.   Die vrag met Omo en…

Britse hof sê nee vir genade-selfmoord

Paul Lamb, ’n verlamde man, en Jane Nicklinson, die weduwee van ’n man wat aan ’n rare sindroom gely het, se pogings om Brittanje se wetgewing oor genade-selfmoord verander te…

Die pronkers gaan weer pronk

Na ’n verloop van 16 jaar, is Bloemfontein vanjaar weer die gasheer vir die Suid-Afrikaanse Sierduif Vereniging (SASV) se kampioenskap-skou wat die komende naweek in Bloemfontein gehou sal word. Die…