Wetenskaplikes skuldig aan bedrog

Hulle het almal laat glo dat hulle besig is met navorsing oor die malaria probleem wat duisende menselewens eis, maar het besluit om landuit te vlug voor hulle uitgevang word en dalk in die tronk beland.

Dr. Bhupesh Samant en sy vrou, dr. Mugdha Sukhthanakar, verbonde aan die Rhodes Universiteit is in Februarie vanjaar skuldig bevind aan akademiese wangedrag en plagiaat.

Susan Smailes, die Direkteur van Spesiale Projekte by dié universiteit sê dat bewerings van plagiaat wat gepleeg is deur die twee, aan die lig gekom het nadat ’n Australiese navorser in Desember 2011 ’n reeks klagtes ingedien het.

Na bewering het die twee navorsers die werk van ’n bekende navorser van Australië r afgeskryf het en onder hulle eie naam vrygestel het.

Die egpaar is gekonfronteer oor die bewerings teen hulle en is versoek om dokumentasie voor te lê wat kan bewys dat hulle met hul eie werk besig is.

Dit het nooit gebeur nie.

Die paartjie moes verlede week voor ’n tugkomitee van die Universiteit verskyn, maar het verkies om voet in die wind te slaan.

Die Universiteit maak daarop aanspraak dat hulle die hoogste vlak van akademiese integriteit handhaaf, en duld nie sulke optrede nie.

“Die twee lektore het die vertroue en reputasie van die universiteit geskend,” het ’n woordvoerder gesê.

Foto – Bhupesh Samant