Voorafbetaalde selfoontariewe bly daal

‘n Kenner voorspel dat vooraf­betaalde selfoontariewe sal na verwagting bly daal en dalk selfs op dieselfde vlak as landlyntariewe kom.

Volgens Arthur Goldstuck, besturende direkteur van World Wide Worx, ’n maatskappy wat tegnologie-navorsing doen, raak plaaslike selfoonmaatskappye se tariewe al hoe meer mededingend.

Cell C, die derde grootste selfoondiensverskaffer in die land, het pas aangekondig dat sy voorafbetaalde tarief vir selfoonoproepe op 1 Junie van 99c per minuut tot 66c verlaag word.

Die twee grootste selfoondiensverskaffer in die land, MTN en Vodacom, het hul tariewe onlangs tot 76c per minuut verlaag.

Goldstuck het gesê dat na verwagting kan oproepe volgende jaar met ‘n verdere 10c gesny word en nóg 10c die jaar daarna.

Volgens hom sal dit ‘n mylpaal wees aangesien Suid-Afrika se selfoonkoste dan dieselfde as dié van ’n landlyn sal wees.

Goldstuck meen dat Suid-Afrika se tariewe goed met internasionale gemiddeldes sal vergelyk as dit gebeur. Hy sê egter plaas­like diensverskaffers behoort hulle nie met internasionale gemiddeldes te vergelyk nie.

Ons moet ons eerder vergelyk met mededingender ekonomieë, waar die standaard is om ’n vaste koers teen die laagste koste vir onbeperkte oproepe en SMS’e te hê. Ons is nog ver van daardie ideaal af, het hy gesê.