Vinnige polisie trek diewe vas

Toe drie gewapende rowers in Welkom omgewing met vuurwapens hulle buit bekom het in ’n drinkplek, en gevlug het in ’n voertuig, was die kanse om gevang te word uiters skraal want hulle het die mense in die drinkplek die skrik op die lyf gejaag deur talle skote af te vuur.

Die vinnige optrede van polisiebeamptes, het egter daartoe gelei dat hulle in hegtenis geneem is en later ook met ander misdade op die dorp verbind.

Die diewe se motor waarmee hulle wou wegvlug, is deur ’n oplettende lid van die paramedici geïdentifiseer.

Hy het die inligting aan die blitspatrollie gegee, wat verder opgetree het.

Die jong konst. Carel Gagiano het al drie die verdagtes by die Freddies-goudmyn se een skag vasgekeer en in hegtenis geneem.

Hulle was in besit van ’n pistool waarmee hulle in die drinkplek amok gemaak het voor hulle die plek besteel het van kontant.

Gagiano het verneem van nog ’n poging tot roof wat hy dadelik opgevolg het nadat hy van die eerste rooftog gehoor het, en dadelik die twee rooftogte met mekaar verbind, en vinnig opgetree.

Foto – Jong kont. Gagiano