Verlore Krugermunte gevind

Geen bokshandskoen of rugbybal kon kers vashou teen posseëls en muntstukke tydens ’n groot veiling wat in Sandton gehou is nie.

Daar was bokshandskoene wat deur die beroemdes geteken is, soos die een van Ali se geveg teen Frazer in 1971, en daar was rugbytruie geteken deur All-Black McCaw, terwyl ’n hemp van een of ander beroemde naelloper ook opgeveil is.

’n Valhelm van renjaer Schumacher was ook daar, maar is nie verkoop nie omdat dit nie die reserweprys behaal het nie.

Maar die gunstelinge was ’n stel ZAR-Krugerrande van 1892 wat vir meer as vier dekades nie opgespoor kon word nie, wat daar verkoop is vir meer as R2 miljoen.

Volgens Richard Johnson, die president van die SAFHV, is die mark vir posseëls tans baie sterk omdat dit nie so erg deur finansiële onsekerheid geraak word nie. Daarby is dit makliker om te berg en te bewaar as die meeste ander items.

Talle versamelings posseëls is vir rekord pryse verkoop, waarvan ’n stel Chinese seels die beste gevaar het.

Die reeks gasteboeke van die Gramadoelas-restaurant in Johannesburg wat onlangs gesluit is, is vir R200,000 deur die Peacemakers-museum in Sandton gekoop.

Mnr. Eduan Naudé, voormalige eienaar van dié re­staurant, het gesê hy het nooit gedink die boeke sou soveel werd wees nie.

“Ons het net met die registers begin toe ons gesien hoeveel interessante mense vanoor die wereld die restaurant besoek,” het hy gesê.