Veldry met 4×4’s veroorsaak groot skade in beskermde gebiede, sê dr. Gerhard Nortjé, ’n grondwetenskaplike, as deel van ’n doktorale studie vir die Departement van Wildlewe-bestuur van die Universiteit van
Hy sê verder dat die skade wat veldry aanrig ernstig onderskat word en is grootliks onomkeerbaar, en daarom behoort die aksie geheel en al verban te word in bewaringsgebiede.
Dr. Nortjé wat sy die navorsing vir sy studie in die noordelike Pafuri-streek van die Krugerwildtuin gedoen het, het bygevoeg dat SANParke nie net hulle bestuurstrategie ten opsigte van veldry behoort te hersien nie, maar streng nuwe maatreëls is nodig om 4×4’s in beskermde gebiede te reguleer. Hy het bygevoeg dat volgens sy opinie veldry geheel en al verbied behoort te word in sensitiewe vleilande.
Nortjé het verduidelik dat veldry gronderosie, skade aan plantegroei en die verwoesting van habitat veroorsaak deurdat die 4×4-spore grond kompakteer wat water filtrasie bemoeilik en gronderosie aanmoedig. Geaffekteerde grond is ook dan suurstofarmer wat ontkieming bemoeilik en plantgroei belemmer. Gebiede wat gereelde swaar 4×4 verkeer moet verduur is dikwels ook meer kwesbaar vir droogtes as gevolg van die spoor-impak.
Op die oomblik word die inkomste wat deur eko-toerisme gegenereer word aan bewaringsgebiede gesien as ‘n volhoubare bron deur beide toeriste-besoekers sowel as operateurs en toerbegeleiders, maar die teendeel is egter waar. Die onkunde ten opsigte van die skade wat onbeheerde kruis-en-dwars veldry veroorsaak agter grootwild aan om toeriste waarde vir hulle geld te gee, is een van die hoofredes waarom die gebruik toegelaat word in bewaringsgebiede.
Volgens Nortjé is dit beter om gevestigde paadjies te volg as om nuwe skade elke keer te veroorsaak deur net bloot in die ongesteurde veld agter wild aan te ry. Hy beweer dat 90% van die skade reeds die eerstekeer so aangebring word en verdere skade beperk kan word deur ‘n gevestigde netwerk van bestaande paadjies te gebruik.
SANpark herken die skade wat veldry kan aanrig in hulle riglyne, maar blyk nie bewus te wees van die meegaande gronderosie wat veldry veroorsaak nie, en die riglyn wat aanbeveel dat 4×4’s nie in mekaar se spore behoort te volg nie, staan lynreg teenoor Nortjé se bevinding.
Rey Thakhuli, SANParke-woordvoerder het gesê dat die agentskap eers die verslag in oënskou wil neem voordat enige aanpassings van parkbeleid oorweeg sal word.
Greg van der Reis, voorsitter van die 4×4 Adventure Club van Suid Afrika het gesê sy klub is lankal al bewus van die skade wat veldry kan veroorsaak en bygevoeg dat sy lede en gidse as gevolg daarvan aangemoedig word om by bestaande paaie te hou.
Hier by ons is daar so ‘n ‘beskermde’ gebied reg langs die stedelike uitbreidings. Basies word die area al omsingel deur super ryk mense se ‘ontwikkelings’. In die area word die tipe lorrie aktiwiteite toegelaat. Daar is al so ‘n groef uitgery teen die koppe op. Dit sal nooit gekeer word nie want die ryk manne is magtig. Hulle maak ook geld hier en speel alte lekker, so met die verwoesting van die natuur deur. Teenaan die area is daar ook ‘n eko-‘estate’. ‘n Klug. Net nog geldmakery op die rug van kamma natuurbewaring.
Daar is ook ‘n area in die dorp uitgesit vir ‘bewaring’. Jarre gelede. Toe die NP nog die munisipaliteit beheer het. Ryk, magtiges het die reg verkry om ‘n restaurant/vermaaklikheid gerief hier op te rig en te bedryf. Gaan kyk hoe lyk die plek nou.
Verwoes.