Tweeling broers presteer by Nampo

’n Tweeling broers het saam met hulle kinders op die Nampo oesdag as wenners uitgetree in ’n kompetisie waar ou trekkers gerestoureer moes word.

Die kompetisie is ’n eerste wat by Nampo aangebied word en Jaco Gouws met sy vier kinders het as wenners geseëvier terwyl sy tweelingbroer, Johann met sy drie kinders die tweede plek beklee het.

Jaco, die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Federasie van Trekker-en-enjinklubs, het die gedagte gebring dat hy en sy kinders hulle vir die kompetisie inskryf.

Hulle het ’n 1963 Massey Ferguson 35X trekker gerestoureer wat sy seun Jaco jr. met ’n eerste salaris wat hy verdien aangekoop het vir R3,000. Die trekker het sonder ’n enjin gestaan toe hy dit koop, en moes geheel en al gerestoureer word.