Tuisskool – ‘n ander vlak

Die feministiese beweging het ‘n groot knak in die samelewing veroorsaak en die nagevolg is dat meeste vrouens vandag werk vir ‘n inkomste.

Dit is dan ook die nagevolg dat om meer kinders te hê kom in die pad van haar beroep.

Maar ek wil graag aandag bring aan die verandering wat plaasgevind het tussen die verhouding van pa en dogter in hierdie nuwe denkwyse.

Pa’s wat hul dogters wil beskerm teen seuns wat belang stel om ‘n verhouding aan te knoop is baie keer besig om klem te le op akademie. As sy te besig is om te leer dan sal sy nie tyd hê vir seuns nie. As sy begeer om eendag ‘n graad agter haar naam te hê dan sal sy nie dink aan trou nie.

Wanneer die arme skepsel universiteit toe gaan en haar nuwe vryheid ontdek dan wil sy nog steeds die geselskap hê van die teenoorgestelde geslag. Maar natuurlik word sy nie gelok na die pa van haar toekomstige kinders nie. Sy soek die ou wat haar sosiale status op kampus sal verhef. En natuurlik laat die knaap se karakter veel te wense. 

As die situasie ontlont in ‘n swangerskap dan is hulle verplig om te trou maar die kind is nou ‘n derde wiel wat in die pad gekom het van groter drome.  As hulle so tien jaar lank getroud is en het drie kinders, dan skei hulle en die volgende generasie begin erger af as die vorige.

Pa aan sy dogter…  “Eendag moet jy op jou eie voete kan staan.”

Ek glo nie hierdie is reg nie.

Ek gaan my dogters deur metode van Tuisskool onderrig en baie van my vrou se hulp leer…

“Eendag gaan jy ‘n mamma wees,  met ‘n verantwoordelikheid voor God om jou kinders op te voed om te wandel in sy wee en al die geloftes aan Hom na te kom.”

So ‘n kind droom nie om eendag universiteit toe te gaan nie. Sy wil, soos natuurlik is, ‘n babatjie hê.  “Oooe!  Kyk die ou babatjie.  Ek voel so broeis.”

Hierdie jonge dame soek nie ‘n “boyfriend” nie.

Sy soek ‘n man. Die pa van haar kinders. ‘n Godsman met karakter en integriteit.  Sy soek hom nie by Hatfield Square nie.

Sy soek hom by die kerk en Nagmaal.

Sy wil so graag huishou vir n man wat vir haar en die kinders sorg en lief het.

Hierdie is die gedagtes wat die briewe aan die Vryburger oor tuisskool in my wakker gemaak het. 

Laat jou dogtertjies met baba poppe speel. Dit is gelyk aan 100de generasies se tuisskool onderrig. As mamma by die huis is dan sien al die kinders hoe mamma die doeke ruil en die baba versorg en voed. Leer hulle deur voorbeeld. Laat sy vir mamma help met die skottelgoed en die vloere vee.

Moenie n ousie aanstel wat jou gaan vergiftig nie.

Mammas, wees by die huis by jou kinders waar jy hoort. 

Pappas, werk hard en sorg vir hulle, hê hulle lief en verstaan God se woord as priester van jou huis. 

Kinders, Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee. 

As mamma werk en nie tuis is nie dan kan jy sommer weet dat die egskeidings van vandag begin by die kleuterskool.  Geskeurde families wat nie die kwale van die moderne Babilon samelewing aanspreek nie kweek, geskeurde families.

En so terloops, die vyand verstaan presies hoe om ons te verswak en verdeel.  Sielkundige oorlogvoering (TV) verwar die volk dat hulle hierdie onnatuurlike patroon navolg.

Jeremia 6:16

So spreek die HERE: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel.

Maar hulle het gesê:  Ons wil daarin nie wandel nie.

 

Edmund Jones