Tolk skuldig aan laster

’n Tolk van die hoof, ene Mzikhulu Twala, is in die hof skuldig bevind aan laster en moet R30,000 betaal aan ’n bekende senior landdros van die Vrystaatse streekshof.

Die tolk het onware en lasterlike bewerings gemaak oor die landdros.

Twala het in ’n skikkingsooreenkoms onvoorwaardelik sy verskoning aangebied en die ooreenkoms is ’n bevel van die hof gemaak.

Hy sal ook verantwoordelik wees om al die hofkoste te betaal.

Twala moes streeklanddros Hein van Niekerk van die streekhof in Bethlehem ook in die openbaar verskoning vir die bewerings vra.

Twala se vakbond, Nehawu, het hom as borg verbind om die geld te betaal.

Hy het as deel van sy leuens ook verkondig dat landdros Van Niekerk net Afrikaans in die hof gebruik, en dat die landdros ’n rassis is wat sy magte misbruik en dat hy ’n “white supremacist attitude” openbaar en ander se menseregte vertrap omdat hy hulle nie ’n regverdige verhoor gun nie.

In die skikkingsooreenkoms het Twala al sy bewerings as leuens bestempel en dit onvoorwaardelik teruggetrek.