Tina herroep haar besluit

Die uitermatige omstrede besluit van die Departement Landbou, Bosbou en Seevisserye om die toekenning van visvangregte te wysig en slegs aan ’n paar “uitgesoekte” vissers toe te ken, moes na vele stryd deur die vissermanne, uiteindelik herroep word deur die minister, Tina Joemat-Pettersson.

Die herroeping volg nadat ’n onafhanklike ouditverslag oor die proses wat deur die Departement gevolg is, aangedui het dat alle vereistes nie nagekom is nie.

Die minister is in omstredenheid gedompel toe sy aan die einde van verlede jaar nie wou bes gee toe vissers beswaar gemaak het oor die proses wat gevolg is om visvang lisensies toe te ken nie.

Lynvissers was hewig ontsteld oor die wyse waarop hulle inkomste van hulle ontneem is en het beweer dat daar verskeie gebreke en onregmatigheid in die toekennings proses was.

Joemat-Pettersson moes uiteindelik toegee dat die ouditverslag, en die appèl proses op ’n gebrekkige werkswyse gedui het.

Sy het gesê dié tekortkominge in die proses sal nie deur middel van indivi­duele appèlle reggestel kan word nie, en sal ook die departement aan verdere hofsake blootstel.

Joemat-Pettersson sê sy verwag dat die nuwe toekennings proses bespoedig sal word en intussen kan die mense soos in die verlede voortgaan om vis te vang.

Die departement het nou opdrag gekry om seker te maak dat alle wetlike en administratiewe prosesse gevolg word as die toekennings proses weer hervat word.