Stapper gered in Magaliesberge

Naby Hekpoort het ’n jong stapper saam met vriende by Castle-kloof gaan stap en wou glo by die waterpoele en waterval gaan swem.

Hy het egter ’n besering opgedoen en sy vriende moes hom uit die water help waarna hulle hulp gaan kry het.

Omdat daar nie selfoon ontvangs was nie, moes hulle vêr stap voor hulle die Bergklub kon skakel.

Die klublede het die lugmag geskakel wat ’n Oryx-helikopter beskikbaar gestel het, maar dit was reeds na 18:00 en gevolglik is die sig bemoeilik.

Uiteindelik is hy en sy vriende gevind en hy is met ’n draagbaar in die helikopter ingetrek, en daarna is die vriende ook ingehelp.

Hy is onverwyld na die Netcare Milpark-hospitaal geneem vir vêrdere versorging.

’n Woordvoerder van die reddingspan sê die operasie was net moontlik omdat die vlieënier uiters bekwaam is en met presisie vliegkuns die helikopter kon beheer sodat die bemanning die beseerde man kon oplig in die vliegtuig.

Die Lugmag woordvoerder het gesê hulle is steeds daartoe verbind om ‘n Suid-Afrikaner in nood te help en nie net mooi verbyvlugte te behartig nie.

Foto – Oryx-helikopter