Stakers ly honger

Die stakers by die Marikana myne wat geïntimideer word deur die vakbonde, is besig om nie net alles te verloor wat hulle besit het nie, maar is sonder kos, en moet nou deur ander instansies daarvan voorsien word.

Bykans 8,000 mynwerkers, tesame met hulle gesinne, het in lang toue gestaan en wag om iets te ete te kry en in menige geval ook medikasie moes kry wat deur Gift of the Givers geskenk is.

Na wat berig is, het swanger vroue, ondervoede babas en kinders voorkeur gekry toe daar verlede Saterdag uitgedeel is in die Marikana gebied.

Kospakkies bevattende rys, vleis, tee, kookolie, margarien, geblikte kosse, wortels en meel is uitgedeel aan die duisende werkers.

Ingeligte kenners sê dit gaan die stakers sowat vyf jaar neem om hulle verliese te herwin, ongeag die verhoging waarvoor hulle staak.

Intussen bestaan die moontlikheid dat die mynhuise permanent kan sluit, wat die derduisende werkers werkloos sal laat.