So word belastinggeld verkwis

Dit is nie die belastingbetaler wat al die korrupsie vryspring nie, dit is juis hulle wat met verhoogde tariewe die verkwisting aanvoel.

Sekere maatskappye wat ook ’n politieke band het, is besig om die belastingbetalers te melk en daardeur hulleself verryk

Dit is die gevolgtrekking wat gemaak word deur ontleders wat onlangs in ’n verslag aangedui het hoeveel winste werklik gerealiseer word deur ongeëwenaarde hoë tariewe te hef wanneer die staat die huurders word.

Kantoorruimte word aan staatsinstellings in Pretoria verhuur teen astronomiese bedrae, waarvan sekere tot soveel beloop as vier keer die normale tarief.

Die ANC regering het ’n enorme plan gehad om die Departement van Handel en Nywerheid saam met al sy buite agentskappe in een kompleks van gehuurde geboue te akkommodeer in Sunnyside, Pretoria.

Die plan is reeds in 2001 begin, en grond van die stadsraad is geïdentifiseer, wat toe in samewerking met die private sektor ontwikkel sou word.

Die private sektor sou die gebou oprig en vir 25 jaar aan die regering verhuur, waarna die gebou die eiendom van die staat sou word.

Die nommer een bieër was Thusano-konsortium en is onverwags eenkant toe gestoot om plek te maak vir Rainprop, ’n struktuur wat aan ANC-grootkoppe behoort soos Cyril ­Ramaphosa, Siyabonga en ­Sheryl Cwele, en Tokyo Sexwale.

Rainprop het kort daarna die eiendom begin ontwikkel en in 2004 is ’n kontrak gesluit ingevolge waarvan hulle ’n basis-tarief van R108 miljoen per jaar sou hef, en wat dan elke jaar opwaarts aangepas sou word. 
Dit sou meebring dat die belastingbetalers teen die jaar 2028, wanneer die kontrak verval en die eiendom die staat sin word, reeds meer as R5 miljard moes opdok.

Die oprigting van die eiendom sou egter nie meer as R500 miljoen beloop nie.

Nou, na meer as tien jaar, is die gebou nog steeds onvoltooid en moet die staat die munisipale koste van die perseel betaal.

Na wat beweer word, het dit reeds meer as R30 miljoen beloop vir die tydperk.

 .