Skroot toe ‘n missiel

Pandemonium het losgebars toe ’n missiel, wat waarskynlik nie ontplof het toe dit moes nie, in die Jacobs-gebied in Durban gevind is by ’n skrootversamelpunt geleë in die industriële gebied.

Die polisie is onmiddellik gekontak waarna die bom- en plofstofdeskundiges se hulp ingeroep is.

Die deskundiges het kort daarna op die toneel verskyn en die missiel onskadelik gemaak..

Die insident het weereens die soeklig geplaas op die moontlikheid dat terreurgroepe in die land besig is en waarskynlik baie aktief is in hulle bedrywighede, aangesien die betrokke soort missiel klaarblyklik nie aan die Lugmag bekend is nie.